Tuindiens vir
Gevestigde Tuine

Volgehoue Tuinsorg. Persoonlike Diens.

’n Eienaar-gedrewe tuindiens met ’n unieke benadering, spesiaal vir huiseienaars wat waarde heg aan gereelde, langtermyn-tuinsorg.

Best of Oudtshoorn 2025 nominasie Best of Oudtshoorn 2026 nominasie

HOEKOM ONS KIES

Wat Maak Ons Anders?

Tradisionele tuindienste het hoë uitgawes vir voertuie, toerusting, vullisverwydering en personeel. Ons model werk anders. Omdat ons kliënte self hul tuingereedskap voorsien en hul eie vullisverwydering reël, hou ons ons oorhoofse koste laag. Dit gee ons die kans om langer tyd op elke eiendom te spandeer, ’n persoonlike diens te lewer, en regtig te fokus op die volgehoue sorg van gevestigde tuine.

Onafhanklike Kontrakteurs

Ons werk uitsluitlik op ’n tuindiensooreenkoms-grondslag – as kontrakteurs, nie werknemers nie. Dus is daar geen arbeidswet-komplikasies of werknemer drama nie.

Onbetwisbare Betroubaarheid

Ons daag altyd betyds op, en bevestig afsprake ten minste een dag vooruit. Selfs met reën sal ons kontak maak om herskedulering te bespreek, sodat jy nooit wonder nie.

Selfstandige Uitvoering

Streng uitvoering van ‘n ooreengekome tuinsorgplan, sonder enige toesig. Aaneenlopende werk as ’n hoë-intensiteit span verseker dat elke geskeduleerde taak voltooi word.

Tuingereedskap Onus

Kliënte voorsien en onderhou self alle nodige tuingereedskap, brandstof en elektrisiteit. Dit verlaag ons oorhoofse koste, wat langer tuindiensbesoeke teen bekostigbare pryse verseker.

ONS DIENSTE

Tuinsorg Oplossings

Ons behartig nie groot strukturele veranderinge nie – geen nuwe grasperke, groot nuwe blombeddings, of swaar installeerwerk nie. Ons neem tuine in hul huidige vorm en pas gereelde opruiming, snoeiwerk en stilering toe om hulle op hul beste te laat vertoon.

Basiese Tuinonderhoud
Basiese Tuinonderhoud

Sny gras en randte. Snoei struike en bome tot op veilige hoogtes. Versorg blombeddings. Maak plaveisel areas skoon – slegs met blaarblasers (blowers).

Plantegesondheid & Groei
Plantegesondheid & Groei

Plantversorging en toediening van bemesting en kompos. Vervang dooie plante om beddings vol en netjies te hou.

Onkruidbeheer
Onkruidbeheer

Spuit onkruiddoders waar nodig – kliënte verskaf self die middels en toerusting om die gifstowwe veilig aan te wend.

ONS VOORKEUR-TUINE

Is Ons Die Regte Span Vir Jou Tuin?

Ons het mettertyd noodsaaklike voorkeure en reëls ontwikkel omdat ons ’n professionele diens lewer en ons werk ernstig opneem. Elke reël is daar om ons veiligheid en gesondheid te beskerm. Dit verseker dat ons konstante, hoëgehalte-resultate kan lewer binne die tyd wat ons het. Hierdie riglyne laat ons toe om te doen wat ons die beste doen: om eenvoudige, gevestigde tuine behoorlik, veilig en betroubaar in stand te hou – en dit is waarom ons twee jaar in ’n ry vir die “Best of Oudtshoorn” toekenning vir die beste tuindiens genomineer is.

Voorbeeld van 'n tuin wat ons onderhou

Die regte tuine vir ons:

  • Klein tot medium grootte met grasperk areas
  • Netjies, eenvoudig en goed-gedefinieerd
  • Veilige, oop areas – nie oorgroeid of dig nie
  • Kan binne 2 of 4 uur onderhou word
  • Kliënte verskaf en onderhou self tuingereedskap
  • Kliënte reël self vir tuinvullisverwydering
  • Geen gevaarlike troeteldiere nie

Ons vermy beleefd:

  • Oorgroeide, ongetemde of onveilige tuine
  • Swaar opruimingswerk of erfskoonmaak
  • Eenmalige tuin projekte
  • Tuine sonder ‘n grasperk (droog, rotsagtig, Karoo-styl)
  • Tuine waar ons gereedskap moet deel met ander
  • Tuine waar ons op ‘n ongereelde basis benodig word.
  • Enige werk wat buite ons 2 of 4 uur sessie val

BEKOSTIGBARE OPSIES

Ons Diensopsies & Tariewe

Ons bied ’n professionele tuindiens en is nie dagarbeiders of werknemers nie. Ons werk uitsluitlik deur vaste afsprake, en ons dagboek is doelbewus beperk tot slegs tien permanente tuine om deurlopende gehalte en persoonlike sorg te verseker.

Die standaardroetine is ’n twee-weeklikse besoek op dieselfde weeksdag, maar ons maak voorsiening vir weeklikse besoeke waar ons dagboek dit toelaat, en ook vir maandelikse besoeke waar die tuin dit kan hanteer.

Behoorlike tuinonderhoud vereis toegewyde tyd. Ons bied twee maksimumtyd-afsprake (op tot 2 en 4 uur per besoek), en bepaal die regte een gebaseer op die tuin se werkslading tydens ons konsultasiebesoek.

4 URE MAKSIMUM

R300

per besoek

  • Ideaal vir medium grootte tuine
  • Besoeke duur maksimum 4 ure
  • Ten minste twee keer per maand vir volgehoue netheid en gesondheid
  • Kliënte voorsien self alle tuingereedskap
Vind Meer Uit

2 URE MAKSIMUM

R150

per besoek

  • Ideaal vir kleiner tuine, vinnige opknappings, of spesifieke take soos grassny
  • Besoeke duur maksimum 2 ure
  • Ten minste twee keer per maand vir tuine met vinnig groeiende areas
  • Kliënte voorsien self alle tuingereedskap
Vind Meer Uit

ONS WERK HIER

Van Ons Pragtuine

(vee links of regs oor die fotos)

Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine
Tuine

VERWYSINGS

Wat Sê Ons Kliënte

Ons tuin lyk altyd pragtig nadat Die Twee Tuiniers se flukse hande hier was. Hulle is baie hardwerkend, toegewyd en dit is ‘n groot plesier om hulle altyd hier te hê. Dankie julle twee!

Mercia van den Berg

Baie dankie aan Die Twee Tuiniers wat altyd vriendelik, vaardig, deeglik en betroubaar is. Julle is werklik ‘n seën. My tuin was nog nooit so netjies nie. Dankie ook vir die klein instandhou werkies wat julle doen en dat julle so geduldig is met die viervoetige kinders.

Marisa Wilke

Hiermee wil ek graag ‘n pluimpie gee vir twee besonderse mense nl Louw en Karin. Die twee staan bekend as Die Twee Tuiniers. Ons maak al ‘n geruime tyd van hulle dienste gebruik en kan hulle met vrymoedigheid aanbeveel vir die volgende redes: Stiptelikheid, deeglikheid, eerlikheid, vriendelikheid, bereidwilligheid. Niks is vir die twee te veel nie en niks staan vir hul hande verkeerd nie.

Nonnie Boshof

Ek kan Die Twee Tuiniers met groot vertroue aanbeveel. Hulle is betroubaar en stiptelik. Hulle werk is altyd deeglik en netjies. Onkruid word uitgehaal en nie net afgesteek nie. Kommunikasie is duidelik en professioneel. Hulle is heeltemal self onderhoudend het geen toesig nodig nie. Hulle kennis van plante en tuine en vindingrykheid is ‘n bonus.

Jacques van Rensburg

Ek het twee wonderlike mense ontmoet wat se hande vir niks verkeerd staan nie. Hulle is Die Twee Tuiniers. My hele plek lyk altyd so mooi skoon as hul by my was. Hulle is twee engele wat Die Heer op my pad gesit het eerlik en opreg. Hul is betroubaar, ek los hul met my hele huis. Vriendelik en opreg. Hul het regtig groen vingers. Jul sal nooit spyt wees om gebruik te maak van hul diens. Die beste ooit.

Elize Griesel

’n Groot dankie aan Louw en Karin – Ons is so tevrede met wat julle die afgelope paar maande in ons tuin reggekry het. Elke hoekie van ons tuin wys dat Die Twee Tuiniers nie net ‘n naam is nie, maar ‘n span met trots & liefde vir “groen” dinge!!! Dankie vir julle harde werk & goeie energie.

Riaan & Michelle